In 2012 het die volgende album verskyn -
RAAK HOM AAN
Ons kondig met trots aan dat hierdie album uit 9 splinternuwe liedjies wat deur onsself geskryf is, bestaan. Dis werklik 'n CD wat ons kan sê - dit weerspieël ons harte - want die woorde van elke lied kom uit die diepste van ons harte. Die album eindig met 'n Gebed wat ons as groep saam bid oor gesinne in ons land en die wêreld om ons.  Dit word versprei deur Maranatha Platemaatskappy.
CD's, DVD's Video's deur Bianca & Friends
Kronologie van opnames / vrystellings:


1988  Debuut (Nie Vrygestel)  CD 
1996  Glo in My  CD 
1997  In Harmonie  CD 
1998  Light Your World  CD 
1999  His Eye is on the sparrow  CD 
2000  Bianca and Friends in Israel Video 
2002 It's for Freedom  CD 
2004 It's for Freedom, DVD DVD
2008 His Grace is all you need!  CD
2008 His Grace is all you need!  DVD
2010 Jesus maak my vry - Sarel DVD
2010 The Best of Bianca & Friends  CD
2011  Bianca and Friends in Israel DVD
2012 Raak Hom Aan CD
Die nuutste vrystelling - 'n dubbele DVD album met liedjies soos:  "Mensekind" en "Ek wil gereed wees".  Sarel met maatjies wat sing, ens.   Die bonus DVD vertel die storie van die begin af en wys uittreksels van 'n toer in Israel 2000.
Hierdie album bestaan uit die gewildste liedjies wat opgeneem is van 1996 af, met 'n bonussnit "Ek wil gereed wees", Sarel wat sy debuut maak, asook 'n nuwe lied deur Bianca - "Jesus maak my vry" - met sy agtergrond-musiek as 'n aparte snit.

Renaldo Lombard en Werner Beukes tree as gaskunstenaars op.
Ons betree ‘n nuwe seisoen in die bediening en dis lekker om Westley te verwelkom in die groep.
Soos wat ons groei, pas God die legkaartstukkies inmekaar. 
Op hierdie album stel Westley & Bianca ‘n lied vry wat hulle op hulle huweliksdag, die 7de dag van die 7de maand 2007, gesing het - “When God made you”.
Met 6 nuwe liedjies, dank ons God vir die geleentheid om saad te saai en mense se harte te raak.

“His grace is all you need” is ‘n boodskap wat die wêreld nodig het om te hoor volgens 2 Kor. 12:9.
“His grace is all you need” DVD bevat 6 Bonus Video's (o.a. die Videomateriaal van Bianca and Friends in Israel wat nie meer beskikbaar is nie), sowel as 'n Fotogallery van die CD launch.
Sarel maak 'n belangrike deel van die gesins-bediening uit. As Westley vir Sarel op sy skoot tel, staan die kinders nader. Sarel stel sy eerste DVD vry in 2010.
Wat ‘n belewenis was dit nie gewees nie. Bianca leef voor die kamera - die res van die gesin - nou ja, laat ons maar net se dit kom nie natuurlik nie. “Behind the scenes” voel baie meer gemaklik.
Debuut CD Glo in My CD In harmonie CD Power of Your love CD Sparrow CD Freedom CD
CD's nie meer beskikbaar nie





4Werke, Joe Niemand, Manie Jackson, Romanz, Willie Joubert, Retief Burger, Jan de Wet, Foster & Allen en nog vele meer van die topkunstenaars wat gunstelinge sing op hierdie kompilasie album wat uit 20 liedjies bestaan.  MAGTIGE GOSPEL met Bianca & Friends wat sing:  "Ek wil gereeds wees".
Dit word versprei deur Select Musiek.
B    I    A    N    C    A
A  N  D   F R  I  E  N  D  S

W o o r d   en   S a n g   B e d i e n i n g
W o r d   a n d   S o n g   M i n i s t r y

Stass & Gerhard Steyn, Riana, Onbeskaamd, Jessie Pretorius, Drakensberg Seunskoor, en nog kunstenaars......
KRUISHOUT LIEFDE Volume 2 met Bianca & Friends wat die CD begin met:  "Wanneer Jesus my dra".
Dit word versprei deur Maranatha Platemaatskappy.