Riaan & Manda:

Ons het mekaar by die plaaslike gemeente as kinders, ontmoet. Saam het ons sondagskoolbus gery vanaf Kuilsrivier na Bellville waar Riaan gedurig agter Manda gesit het en haar wit kouse vir die grap afgetrek het. Toktokkie speel in La Biance was van die lekker tye wat ons saam onthou. Later was ons saam op die Sondagskoolpersoneel.

Manda: “Omdat ek maar ‘n alleenloper was, het ek nie belanggestel in verhoudings nie. My tyd in my binnekamer wou ek nie ruil vir enige iets nie. Riaan was die eerste ou wat my voete onder my uitgeslaan het. Vandag, na meer as 20 jaar, weet ek dit was die regte besluit om my lewe saam met hom te spandeer”.

Riaan: “Ek kan my die lewe sonder Manda nie voorstel nie. Sy is ‘n wonderlike vrou en die beste Ma wat ‘n kind kan droom om te hê. As gesin het ons baie respek en waardering vir haar en is ons baie lief vir haar. Sy het baie sterk leierseienskappe en dis altyd lekker om te hoor en te sien hoe sy oplossings vir enige probleem sitsuasie bied. Die Here het haar met besonderse talente ge-bless. Sy gee geweldig baie kleur aan my lewe en ek geniet elke oomblik saam met haar”.
Westley & Bianca:

Ons het mekaar in 2005 in ‘n haarsalon in Stilfontein ontmoet. Ons het lekker gesels, maar ons het mekaar nie weer daarna gesien nie. 12 November 2006 het Bianca die oggend ‘n gemeente besoek net om daar te sien dis Westley wat die Woord bedien. Bianca: “Toe ek instap en ek sien die swartkop man agter die dromme, het ek stom gestaan en vir die Here gesê: “Daar's my man”. Ek het nog nooit so baie vrede gehad nie en het net geweet ons gaan trou. Westley: “Ag tog, is dit nie die oulikste, fyn dingetjie nie. Ek was toe ‘n jaar en 6 maande alleen en het dit ietwat vreemd gevind in die geselskap van die teenoorgestelde geslag. Nietemin is dit mos instink by ‘n man en 3 maande later, op my verjaarsdag, het ek haar gevra om verloof te raak aan my. Vyf maande later is ons op die 7e van die 7e maand 2007 in die huwelik bevestig. Dit was ‘n sprokiestroue saam met ons vriende en familie. Al ons verwagtinge was oortref. ‘n Droom het waar geword. Al die gebede en wag vir 26 jaar het afbetaal met rente.”
B    I    A    N    C    A
A  N  D   F R  I  E  N  D  S

W o o r d   en   S a n g   B e d i e n i n g
W o r d   a n d   S o n g   M i n i s t r y