B    I    A    N    C    A
A  N  D   F R  I  E  N  D  S

W o o r d   en   S a n g   B e d i e n i n g
W o r d   a n d   S o n g   M i n i s t r y

Ons bedien saam as ‘n gesin:  pa, ma, dogter en skoonseun.

Alhoewel sang ‘n groot deel van ons bediening uitmaak, sien ons onsself as ‘n bedieningsgroep en nie net ‘n sanggroep nie.

1999 het die Here ons geroep om vir Hom te werk. Ons het die land deurkruis en o.a. ook toere na Namibia en Israel onderneem. 2003 het ons afgeskaal en die kinders geleentheid gegee om hulle opleiding te voltooi. Bianca het intussen met Westley Watkins (predikant) getrou en einde 2007 gekwalifiseer as skoonheidsterapeut. Renaldo (ons seun) werk tans in die motorindustrie. .

Ons visie is om die evangelie uit te dra na alle volke en nasies. God het ons ‘n spesiale Liefde gegee vir gesinne. In Efes. 1 is dit duidelik dat God ‘n plan het met elke lid van die gesin afsonderlik. Dit is net as jy in die plan van God vir jou lewe beweeg, dat jy waarlik vrede sal ervaar en vry sal wees in Christus.

‘n Mens wat nie besef hy het ‘n doel in die lewe nie, is soos ‘n skip sonder ‘n roer.