Westley Watkins: Bedienaar van die Woord

Biografie:

Ek is gebore in die Diamantstad, Kimberley . My skoolopleiding het ek by Laerskool Vooruitsig gehad en vanaf Graad 5 in Klerksdorp, La Hoff en Hoërskool Wesvalia.

My groot liefde op skool was krieket en al my tyd, energie en krag het ek daaraan spandeer. Tog het ek gevoel daar was ‘n groot leemte in my lewe. Op 15-jarige ouderdom het ek kragdadig tot bekering gekom. Tydens my Hoërskool loopbaan het ek provinsiale klere in krieket verwerf. Ons was op daardie stadium die S.A. Platteland Kampioene.

Ek het gedink my pad is nou oop in die sportwęreld wat my krieketloopbaan aanbetref. In matriek het my paaie gekruis met mense wat my ingelig het oor moontlike teologiese opleiding. Ek het my belangstelling in krieket verloor en besluit om die pad “less traveled” te loop.

Min het ek geweet dat dit 4 jaar sou wees van geloofslewe. God se voorsiening het vanuit oorde gekom waar ek dit die minste verwag het. Ek het my teologiese opleiding voltooi by A.T.S en die R.A.U.
B    I    A    N    C    A
A  N  D   F R  I  E  N  D  S

W o o r d   en   S a n g   B e d i e n i n g
W o r d   a n d   S o n g   M i n i s t r y