Riaan: Skakelbeampte, Klankingenieur en Bemarker

Biografie:

Ek is gebore in Parow Kaapstad en het my skoolpoleiding ontvang by Laerskool Mikro in Kuilsrivier en Tygerberg Hoër Handelskool in Parow. 
Daarna ek het 2 jaar weermag opleiding ontvang.

Ek is ‘n natuurliefhebber en dit is vir my altyd lekker soos ons toer om nuwe plekke te ondek, te stap en te krap.

Mense is my passie. Van kleins af was dit vir my baie maklik om vriende te maak en ek geniet dit om ‘n pad met mense te stap.

Soos Jesus vir mense omgee wil Hy ook hê dat ons vir mekaar moet omgee en mekaar moet help. Ons moet Jesus se oë, voete en hande op aarde wees en ‘n verskil in mense se lewens maak.

Die grootste beproewing wat ek as pa gehad het, was om in 1999 my werk te los en voltyds in die geloof te begin lewe met ‘n vrou en twee kinders. Daar het ek geleer: as God jou roep, dan sorg Hy vir jou.

B    I    A    N    C    A
A  N  D   F R  I  E  N  D  S

W o o r d   en   S a n g   B e d i e n i n g
W o r d   a n d   S o n g   M i n i s t r y