Manda: Koördineerder, Lirieke skrywer

Biografie:

Ek is gebore in Pretoria en het grootgeword in Kuilsrivier. Skoolgegaan by Laer- en Hoërskool De Kuilen. Lees was nog altyd ‘n groot liefde van my en ek het my toegespits op die Woord en biografie van mense. Ek het altyd gevoel daar is iets wat ek kon leer uit ander mense se ondervindings.

As jonggetroude paartjie was ek en Riaan jeugleierspaar, later was ek sondagskoolsuperintendente. Bediening in die gemeentes waar ons was, was ‘n natuurlike deel van my lewe. Ek kan nie getuig dat God my ooit uit die modderslyk moes uithaal nie, maar ek kan verseker getuig dat Hy my bewaar het tot sover in my lewe. Om Hom te dien was nooit ‘n opsie by my nie, maar iets waarsonder ek nie wou lewe nie.

Die mees besonderse tyd van die dag vir my, is vroegoggend, wanneer daar ‘n doodse stilte heers. Dis my en God se tyd saam. Dis daar waar ek krag en leiding vir die dag ontvang.
B    I    A    N    C    A
A  N  D   F R  I  E  N  D  S

W o o r d   en   S a n g   B e d i e n i n g
W o r d   a n d   S o n g   M i n i s t r y