Bianca: Hoofsangeres, Choreograaf en Lirieke skrywer

Biografie:

Ek is gebore in Bellville. Ek het my skoolopleiding gedoen by Laerskool Mikro in Kuilsrivier. Vanaf Graad 7 het ek tuisonderrig ontvang, omdat ons voltyds in die bediening was. My matriek het ek voltooi by Tswane South College , terwyl ek ook in daardie tyd ‘n Drama Kursus gedoen het. Ek het 2 jaar Bybelskool gedoen en my Diploma in Bediening ontvang. Daarna het ek by Potchefstroom my verder gekwalifiseer as skoonheidsterapeut.

Sang was nog altyd my passie. Ek het my eerste verskyning op die verhoog gemaak op 2 jaar en 7 maande toe ek “Deurgedra” gesing het by Abrakadabra Kleuterskool in Brackenfell. Ek het onder andere aan sangkompetisies deelgeneem soos “Reik na die sterre”, “Gemini” en “Tehila”. Op 10-jarige ouderdom was ek die wenner van my afdeling toe ek “His eye is on the sparrow” gesing het. Daar het ek besef daar gebeur iets in my as ek vir die Here sing.

Ek het ook besef dat dit die mees wonderlike ervaring is om te kan staatmaak op die leiding van die Heilige Gees terwyl ek bedien.

Een van die mees besonderse jare in my lewe, was in 1996. Daardie jaar het 3 verskillende mense in verskillende provinsies van die land, na my as 10-jarige dogtertjie toe gekom waar ek bedien het. Al 3 het vir my presies dieselfde gesê: “Pas jouself op, want jy gaan eendag met ‘n predikant trou.” Vandag kan ek terugkyk en se: “Dis die moeite werd om God te dien met jou hele lewe. Hy is ‘n Waarmaker van Sy Woord”.

B    I    A    N    C    A
A  N  D   F R  I  E  N  D  S

W o o r d   en   S a n g   B e d i e n i n g
W o r d   a n d   S o n g   M i n i s t r y